Proporsie (kuns)

Madonna met die Lang Nek, c. 1534 -1540, deur Parmigianino. Soos in ander Maniëristiese werk, word van die porporsies van die liggaam, in hierdie geval die nek, oordrewe geteken vir 'n artikstieke effek.

Alhoewel daar groot variasies in die anatomiese verhoudings onder mense is, is daar baie standaardverwysings van proporsies wat universeel in kuns, meting, of medisyne gebruik word.

In meting, word liggaamlike proporsies word dikwels vergelyk met standaard afmetings wat aan liggaamsdele gekoppel kan word. 'n El, is ongeveer die lengte van ses handpalms en 'n span is ongeveer nege duim.

Net so, in kuns, is liggaamlike proporsies die studie van die verhouding van die menslike of dierlike liggaamsdele tot mekaar en as 'n geheel. Hierdie verhoudings word toegepas met die teken van 'n figuur, maar mag afwyk as gevolg van neutralisering, styl of idealisering om 'n spesifieke estetiese beeld oor te dra.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search